Kosmologiese argument

Die kosmologiese argument is 'n teorie dat alle dinge in die wêreld deur iets anders geskep of ontstaan het. Synde daar ʼn heelal is eerder as niks nie, impliseer dit dat die kosmos sy oorsprong buite homself moes vind. Die beredenering is gebaseer op die wet van kousaliteit. Die wet sê basies dat elke tydelike ding sy oorsaak by iets anders as homself vind.

Die kosmologiese argument vir die bestaan van God is so oud soos die filosofie self. Die Grieke het ʼn vorm van die kosmologiese argument ontwikkel, wat sy beginpunt vind by “die Eerste Beweger”. Die argument was later deur die Christenfilosowe aangevoer, hoofsaaklik deur die skolaste. Die grootste naam om hier van kennis te neem is Thomas van Aquino. Anzelm het later die kosmologiese argument ondersteun en verder ontwikkel tot in die vorm wat ons hom vandag kry. Hierdie argument was egter nie alleen ʼn Westerse produk nie. Die Moslemfilosoof Avicenna het ook later daarby aangesluit. Binne die moderne filosofie het daar ook verskeie vorme van die kosmologiese argument ontstaan (Kenny, 2006:151).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search